Houthond (astrologie)

甲戌

Die Houthond (甲戌, jiǎxū) is die 11de jaar van die Chinese kalender (sien die tabel regs onder van die 60-jaarsiklus). Dit is ’n begrip uit die Chinese astrologie en dui op dié maanjare wat gekenmerk word deur ’n verbinding van die eerste Hemelstam (甲, jiǎ) – die element Hout en Jang – met die 11de Aardtak (戌, ), gesimboliseer deur die Hond (狗, gǒu).

Volgens die Chinese kalender kom so ’n verbinding elke 60 jaar voor. Die laaste Houthondjaar het in 1994 begin en volgens die Gregoriaanse kalender het dit geduur van 10 Februarie 1994 tot 30 Januarie 1995.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search